Geagte Kamper en Ouer/s

Ons kamp van 30 Januarie – 2 Februarie 2022 by Bergkroon, Wellington. Die koste van die kamp sluit alle etes, verblyf en vervoer in.

Registrasie vind plaas by Kruiskerk op Sondag 30 Januarie vanaf 10:00, gevolg deur ‘n informele erediens in Kruiskerk om 11:00 vir jou en jou ouers. Ons sal omstreeks 12:00 per bus na die terrein beweeg (Bergkroon, Wellington).  Hierdie is beslis ‘n geleentheid vir jou om jou eerste tree te gee voor jy Matieland betree!

Wat kan jy verwag?
Impaksessies, praise & worship, watersport, funrun, stiltetyd, en oorgenoeg chill tyd.

Vertrektye en terugkomtye:
(1) Registrasie vir die kamp vind plaas op Sondag 30 Januarie 2022 om 10:00 by Kruiskerk in Ryneveldstraat, Stellenbosch (oorkant Wilgenhof manskoshuis). Parkering is beskikbaar by Admin B en die Eikestad Mall parkeerarea. [33°55’12’’S18°51’36’’E]

(2) Woensdag, 2 Februarie 2022: Die bus vir al die studente sal om 11:00 in Stellenbosch arriveer by Coetzenburg iZiko Sentrum.

Indien jy dalk bagasie wil stoor, stuur ‘n e-pos kamp@kruiskerk.com. Indien jy as ouers tydens die kamp wil kontak maak met ons kan jy ons skakel 083 4618564 of jy kan die Kruiskerkkantoor skakel by 021 883 3458.

Sondag 6 Februarie 2022 verwelkom Kruiskerk alle nuwelinge op Stellenbosch met die Eerstejaarsverwelkomingsdiens om 18h00.

Ander vrae:
□ Kos? Ons eet verskriklik lekker, die menu is een wat ons weet werk! Ons voorsien ook aan spesiale eetgewoontes.
□ Ek is gestremd, kan ek kom kamp? Enige tyd welkom! Kontak ons vooraf en ons tref reëlings indien dit nodig is, maar jy is meer as welkom om hierdie ervaring mee te maak.

Paklys
□ Slaapsak
□ Kussing
□ Gemaklike klere (plus wit t-shirt wat kan vuil word)
□ Skoene
□ Swemklere
□ Handdoek
□ Sonroom
□ Toiletware
□ Chroniese medikasie
□ Bybel en pen
□ Lepel
□ Vurk
□ Mes
□ Bord
□ Koppie
□ Papbakkie