Eerstejaarskamp 2021 #veerkrag
Oor net minder as twee maande skop US se universiteitsjaar af. Een van ons hoogtepunte elke jaar is om julle saam met ons studenteleiers by die Eerstejaarskamp te verwelkom. Diep bewus van die nood en uitdagings wat Covid-19 aan ons stel, het ons gister met ‘n swaar hart die verantwoordelike besluit geneem om vanjaar se Eerstejaarskamp af te stel. Ons het egter reeds ander ruimtes van ontmoeting en connection geskep om jou aankoms hier op Stellenbosch ‘n onvergeetlike ervaring te maak! #watchthisspace
Ons vra vir julle om in hierdie moeilike tye saam met ons te bly bid vir elkeen wat deur hierdie pandemie geraak word – veral vir ons gesondsheidswerkers en families wat geliefdes aan die dood afgestaan het.
Indien jy reeds ingeskryf en betaal het, sal jy ‘n sms en e-pos vanaf ons ontvang om die kansellasie- en terugbetalingsproses te verduidelik. As jy nie binne 48h enige kommunikasie ontvang nie, kontak gerus vir Venita tussen 08:00 – 14:00 by 021 8833458, of volg net die stappe hieronder om jou geld terug te kry.
Kansellasie-proses:
Stuur ‘n e-pos aan marianne@moederkerk.co.za met die volgende inligting:
- Rekeningnaam(Naam en Van)
- Bank en takkode
- Rekeningnommer
- Verwysing: Student se naam en van asook jou #inskrywingsnommer (bv #181), aangesien daar persone is met dieselfde voorletters en van.