**Neem asseblief kennis dat die inskrywings vir dames reeds vol is. 

Wanneer: 30 Januarie –  2 Februarie 2022
Waar: Bergkroon (Wellington)

Koste: R980

Kruiskerk se Eerstejaarskamp is elke jaar ’n onvergeetlike ervaring. Die kamp is ook baie gewild en ons moet ongelukkig die getalle beperk tot 200 Eerstejaars (100 dames en 100 mans).  Daar is ook ‘n groot groep senior studente wat saam kamp as personeel.

Ons werk op die basis dat diegene wat eerste betaal eerste plek sal kry. Om dus teleurstelling te voorkom wil ons jou aanmoedig om so gou moontlik te registreer, die instruksies wat jy daarna per e-pos ontvang te volg en dan jou betaling binne 72h te doen.

Neem kennis: Dit is nie nodig om vir ons ‘n bewys van betaling te stuur nie. Sodra ons jou betaling op die sisteem optel, sal ons vir jou ‘n tweede e-pos stuur om dit te bevestig. Dit kan tot ‘n paar dae neem vir ons om dit op te tel, so wees asseblief geduldig indien jy nie onmiddellik die tweede e-pos ontvang nie :-).

Op jou inskrywingsvorm sal jy ’n verwysingsnommer kry wat jy asseblief in al jou korrespondensie met ons moet gebruik.

Kontak ons gerus as ons met iets sou kon help!
e-pos: kamp@kruiskerk.com

Elzaan Victor – Kampkoördineerder071 353 8029

Kruiskerk kantoornommer: 021 883 3458 

Besoek en like ons Eerstejaarskamp Facebook bladsy en Instagram vir vars nuus!

As jy dalk wonder wat die kamp presies behels, kliek gerus hier.