wanneer: 29 Januarie –  1 Februarie 2023
waar: Bergkroon (Wellington)

Koste: R990

Kruiskerk se Eerstejaarskamp is elke jaar ’n onvergeetlike ervaring. Die kamp is ook baie gewild en ons moet ongelukkig die getalle beperk tot 350 Eerstejaars (175 dames en 175 mans).  Daar is ook ‘n groot groep senior studente wat saam kamp as personeel.

Ons werk op die basis dat diegene wat eerste betaal eerste plek sal kry. Om dus teleurstelling te voorkom wil ons jou aanmoedig om so gou as moontlik te registreer, die instruksies wat jy daarna per e-pos ontvang te volg en dan binne 72 te betaal.

Neem kennis: Dit is nie nodig om vir ons ‘n bewys van betaling te stuur nie. Sodra ons jou betaling op die sisteem optel, sal ons vir jou ‘n tweede e-pos stuur om dit te bevestig. Dit kan ‘n paar dae neem vir ons om dit op te tel in ons bankstate, so wees asseblief geduldig indien jy nie onmiddelik die tweede e-pos ontvang nie :-).

Jy sal op jou inskrywingsvorm ’n verwysingsnommer kry wat jy asseblief in al jou korrespondensie met ons moet gebruik.

Kontak ons gerus as ons met iets sou kon help!
e-pos: kamp@kruiskerk.com
Kruiskerk kantoornommer: 021 883 3458 selno:  071 353 8029 (Elzaan Victor – Kampkoördineerder)

Besoek en like ons Eerstejaarskamp Facebook bladsy en Instagram vir vars nuus!