**LET WEL: Inskrywings vir DAMES is ongelukkig reeds vol (daar is nog plek vir mans). Dames wat van hierdie punt af inskryf se naam word op ‘n waglys geplaas. Moet dus asb nie betaal voor ons jou laat weet het jy het plek nie. Baie dankie!
Wanneer: 28-31 Januarie 2024
Waar: Bergkroon (Wellington)
Koste: R1100
Kruiskerk se Eerstejaarskamp is elke jaar ’n onvergeetlike ervaring. Die kamp is ook baie gewild en ons moet ongelukkig die getalle beperk tot 350 Eerstejaars. Daar is ook ‘n groot groep senior studente wat saam kamp as personeel. Ons werk op die basis dat diegene wat eerste betaal eerste plek sal kry. Om dus teleurstelling te voorkom wil ons jou aanmoedig om so gou as moontlik te registreer, die instruksies wat jy daarna per e-pos ontvang te volg en dan binne 72h te betaal.
Neem kennis: Dit is nie nodig om vir ons ‘n bewys van betaling te stuur nie. Sodra ons jou betaling op die sisteem optel, sal ons vir jou ‘n tweede e-pos stuur om dit te bevestig. Hierdie tweede e-pos bevat ook al die nodige inligting rakende die kamp. Jou betaling kan ‘n paar dae neem om te reflekteer in ons bankstate, so wees asseblief geduldig indien jy nie onmiddelik die tweede e-pos ontvang nie :-).
Jy sal op jou inskrywingsvorm ’n verwysingsnommer kry wat jy asseblief in al jou korrespondensie met ons moet gebruik.
Kontak ons gerus vir enige navrae:
e-pos: kamp@kruiskerk.com
Kruiskerk kantoornommer: 021 883 3458
Amore Tollig – Kampkoördineerder: 063 293 2301
Volg ons op Instagram vir vars nuus!