Wanneer: 26-29 Januarie 2025
Waar: Bergkroon (Wellington)
Koste: R1350
Kruiskerk se Eerstejaarskamp is elke jaar ’n onvergeetlike ervaring. Die kamp is ook baie gewild en ons moet ongelukkig die getalle beperk tot 450 Eerstejaars Daar is ook ‘n groot groep senior studente wat saam kamp as personeel. Ons werk op die basis dat diegene wat eerste betaal eerste plek sal kry. Om dus teleurstelling te voorkom wil ons jou aanmoedig om so gou as moontlik te registreer, die instruksies wat jy daarna per e-pos ontvang te volg en dan te betaal.
Neem kennis: Dit is nie nodig om vir ons ‘n bewys van betaling te stuur nie. Sodra ons jou betaling op die sisteem optel, sal ons vir jou ‘n tweede e-pos stuur om dit te bevestig. Hierdie tweede e-pos bevat ook al die nodige inligting rakende die kamp. As jy nie die e-pos ontvang nie, gaan loer gerus in jou junk mail – dit beland soms daar. Jou betaling kan ‘n paar dae neem om te reflekteer in ons bankstate, so wees asseblief geduldig indien jy nie onmiddelik die tweede e-pos ontvang nie :-).
Jy sal op jou inskrywingsvorm ’n verwysingsnommer kry wat jy asseblief in al jou korrespondensie met ons moet gebruik.
Kontak ons gerus vir enige navrae:
Kampkoördineerder: Cara Strydom 079 8975649
Predikant Kruiskerk: Irénée Heyns 083 4618564
Finansiële navrae: Marianne Botha – marianne@moederkerk.co.za
Volg ons op Instagram vir vars nuus!