
UP (Tienerbediening)
UP (Unplugged) is die naam van Moedergemeente se tienerbediening (Gr 7-12). Ons tieners kom elke Sondag 18:30 in die Hofmeyrsaal bymekaar vir ‘n tienerdiens. Woensdae kom tieners van reg oor die dorp bymekaar vir die weeklikse Koffiekroeg.
Ons almal kan onthou hoe challenging en confusing is mens se hoërskooldae! In die praktyd is dit duidelik dat die beste manier om jong mense te bereik is deur ander jong mense… Tieners is opsoek na ouer rolmodelle wat saam met hulle ‘n pad kan stap, maar wat ook begrip het vir hul leefwêreld.
Hierdie is ‘n fantastiese geleentheid om ‘n groot verskil te maak in jong-mense se lewens. As jy graag hier wil help as vrywilliger, kontak ons gerus:
Meraki Matthee
up@kruiskerk.com
076 855 2224