Lesotho Hoop Projek2018-02-07T14:16:39+00:00

LESOTHO HOOP PROJEK

Lesotho is ‘n radikale avontuur wat 25 studente saam aanpak gedurende die Junie/Julie vakansie. Die doel van LHP is om ontslae te raak van jou gemak en jouself broos neer te lê voor God en voor vreemdelinge. Deur hierdie perspektief kan LHP beskryf word as ‘n inreik eerder as ‘n uireik. Ons gaan om die Basotho’s te ontmoet daar waar hulle is, nie om hulle “reg te help” nie, maar eerder net om te help. Ons werk saam met Growing Nations, ‘n organisasie wat die Basotho’s leer om op ‘n volhoubare manier te boer. Saam met die Basotho’s pluk ons mielies, kap hout en help waarokal ons benodig word.

Daar kan soveel stories vertel word van die Hoop wat die inreik vir die studente terug bring Stellenbosch toe. Ten spyte van die ongemak en moeilike vrae, ervaar ons wat dit werklik beteken om prakties lief te hê in die manier waarop Jesus vir ons kom wys het. Ons nooi jou uit om te kom ervaar wat woorde nie kan vas vang nie.

Kontak:

lhp@kruiskerk.com
Christine Venter: 079 606 3591
Nicole de Wet: 082 851 8883
Christiaan du Toit: 074 681 0719

Naam & Van

Epos

Boodskap