Portefeuljes

Eredienswerkers

Die eredienswerkers sorg vir die gasvryheid en verwelkoming van kerkgangers voor die diens en verleen ook bystand tydens die diens (bv met Nagmaal en die opneem van kollekte). 

Koffie na Kerk

Hierdie groep fokus op die gasvryheid na die erediens. Ons kuier elke Sondag na kerk in die Khaya waar daar (goeie!) koffie, tee en koeldrank beskikbaar is. Koffie-kuier na kerk het vir meeste studente ‘n tweede natuur geword en hier word dikwels nog lank nadat die diens verby is gesellig verkeer. Dit is hier waar grense oorgesteek word en vreemdelinge vriende raak. Kontak ons gerus indien jy hier wil betrokke raak.

Elzaan Victor: 071 353 8029

Eerstejaarskamp

Die Eerstejaarskamp is ‘n groot hoogtepunt op Kruiskerk se kalender en vind elke jaar plaas net voor die Universiteit open. Ons ontvang ongeveer 350-400 eerstejaars en 110 fasiliteerders. Die kamp word gehou by Bergkroon, Wellington. Indien jy voel jy kan hier ‘n verskil maak, kontak ons gerus.

irenee@kruiskerk.com

 

 

 

Gemeentedans

Die gemeentedans in die 4de kwartaal word gehou by die Hofmeyrsaal, in Kerkstraat, Stellenbosch. Hier is almal welkom!  Dit sorg altyd vir ‘n jolige opskop en skep ‘n lekker gevoel van gemeenskap.

Hou hierdie spasie dop vir die datum!

angelique@kruiskerk.com

Gebedsbediening

Elke Sondagaand is daar geleentheid om gebede neer te skryf en te plaas in die kruise agter in die kerkgebou. Indien hierdie bediening jou na aan die hart lê, en jy voel jy kan hier ‘n verskil maak, kontak ons gerus.

Sosiale Media

Kruiskerk is baie aktief op sosiale media. Volg ons gerus op Facebook en Instagram om op hoogte te bly met die jongste gebeure. As jy voel dat digitale kommunikasie jou gawe is waar jy ‘n verskil kan maak, kontak ons gerus.