Transkei Werkersaksie2018-02-07T14:14:31+00:00

TRANSKEI WERKERSAKSIE

Transkei is ‘n land gevul met ongerepte skoonheid en asemrowende lanskappe. Daar is net iets omtrent die land, sy mense en kultuur wat jou met rustigheid vul en die wete dat net God sulke skoonheid kan skep.

Transkei werkersaksie is ‘n uitreik wat tydens die Junie/Julie vakansie in die omgewing van Canzibe plaasvind. Die uitreik streef daarna om verskillende kultuurgroepe met hart en siel te verenig deur ‘n ruimte te skep waar mense mekaar kan groei in hul verstaan en waardering van mekaar. Die aksie fokus daarop om die gemeenskap te ondersteun met klein bou projekte. Daar word ook ‘n winterskool aangebied wat jong mense ondersteun in vakgebiede soos wiskunde, wetenskap en rekeningkunde. Vriendskappe met die plaaslike inwoners en samesyn word versterk met sport aktiwiteite soos sokker en netbal klinieke.

Al hierdie ongelooflike belewenisse word geniet terwyl ons die Here se hand neem en in sy spore Hom volg na ‘n plek met min materiële rykdom maar baie skatte om elke hoek en draai.

Kontak:

twa@kruiskerk.com
Magdel Spangenberg: 076 023 2925
Willem Marais: 079 505 2025

Naam & Van

Epos

Boodskap