**NEEM KENNIS: Inskrywings vir DAMES is nou vol. Jul kan steeds inskryf, maar moet asb nie betaal nie. Jul name word op ‘n waglys geplaas en soos plekke beskikbaar raak, sal ons jul in kennis stel.**

Wanneer: 23-26 Januarie 2027 (Saterdag – Dinsdag)
Waar: Bergkroon (Wellington)
Koste: R2100

Kruiskerk is ’n geloofsgemeenskap van studente in die hartjie van Stellenbosch. As volgelinge van Jesus wil ons met geloofsonderskeiding en geloofsgehoorsaamheid vir God in ons dorp, land en wêreld ’n Rivier van Lewende Water wees.

Kruiskerk se Eerstejaarskamp is elke jaar ’n onvergeetlike ervaring. Die kamp is ook baie gewild en ons moet ongelukkig die getalle beperk.  Daar is ook ‘n groot groep senior studente wat saam kamp as personeel. Ons werk op die basis dat diegene wat eerste betaal eerste plek sal kry. Om dus teleurstelling te voorkom wil ons jou aanmoedig om so gou as moontlik te registreer, die instruksies wat jy daarna per e-pos ontvang te volg en dan te betaal (As jy nie die e-pos sien nie, gaan loer gerus in jou junk mail). 

Neem kennis: Dit is nie nodig om vir ons ‘n bewys van betaling te stuur nie. Sodra ons jou betaling op die sisteem optel, sal ons vir jou ‘n tweede e-pos stuur om dit te bevestig. Hierdie tweede e-pos bevat ook al die nodige inligting rakende die kamp. Jou betaling kan ‘n paar dae neem om te reflekteer in ons bankstate, so wees asseblief geduldig indien jy nie onmiddelik die tweede e-pos ontvang nie.

Kontak ons gerus vir enige navrae:
Kampkoördineerder: Lize Taljaard 083 454 2065
Predikant Kruiskerk: Irénée Heyns 083 4618564
Finansiële navrae: Marianne Botha – marianne@moederkerk.co.za

Volg ons op Instagram vir vars nuus!

**NEEM KENNIS: Inskrywings vir DAMES is nou vol. Jul kan steeds inskryf, maar moet asb nie betaal nie. Jul name word op ‘n waglys geplaas en soos plekke beskikbaar raak, sal ons jul in kennis stel.**